nav

Van Duyn & Janita Doyer
Tel: 073 160 9748
Email: arkab@lantic.net

Eerstelingsfontein, Belfast
Mpumalanga, South Africa


>
Info about Breeding Mares
> Inligting oor die Arkab Stoet



Suiwer merries

Arkab Silvezaan
Silvezaan se ma was ‘n besonderse uithouritperd in eie reg.  Sy het uitstekend gedoen in 80km tot 160km kompetisies.  Sy was ook geteel uit die beste Crabbet uithouritlyne.

Silvern Gleam se nageslag begin nou naam maak op die uithouritbaan.  Dit is duidelik dat hulle die vermoë het om energiek te bly tot die einde van ‘n rit . 

Silvezaan is nog jonk genoeg om ‘n loopbaan in uithouritte  te begin en daarna nog ‘n paar vullens te gooi.  Sy is ‘n baie geskikte dog lewendige ryperd, altyd positief om vorentoe te ry.  Ons gebruik haar ook in die ryskool omdat sy so mooi temperament het en betroubaar is.

Arkab Salsien
Boisville Silzaan was ‘n besonderse uithouritperd in eie reg.  Sy het uitstekend gedoen in 80km tot 160km kompetisies.  Sy was ook geteel uit die beste Crabbet uithouritlyne.  Haar vaar en sy ouers was uithouritwenners.  Die Vlinkfontein perde soos orals gesien is deur en deur bekend vir hul uithourit vermoëns.

Hierby het ons vir Nazil Dakhal gesit en uitstekende resultaat verkry met Salsien.  Sy het finominale hartklop herstelle gehad in haar kort uithourit loopbaan en ‘n nimmereindigende energie en lus om te ry.  Sy is by ons bekend vir haar vrolike positiewe uitkyk op die lewe en haar werk.  ‘n Uitstekende ryskool perd wat alles met entoesiasme doen.  Ongelukkig het ‘n draad ‘n tendon bokant haar knie  gesny en kan sy nie meer uithouritte ry nie.  Sy kan egter nog ligte rywerk doen.

Arkab Ganymede
Ganymede kry haar naam uit die hemelruim omdat haar vaar Oreon was.

Hier is ‘n seldsame kans om een van Arkab Ritla se vullens te bekom en dit met die uitsonderlike kombinasie van Sudarik Oreon.  Ganymede is baie haastig en nie geskik vir kinders of versigtige ruiters nie.  Haar oudste vul. Arkab Midas wys reeds dat hy goed gaan ry, met goeie hartkloppe en ‘n wil om te ry.

Ganymede se halfsuster aan Arkab Ritla se kant is Arkab Raffa ( 2 x nas span top gewig draer 6 x Fauresmith sw gewig, 2 x BV 2 BV, 12 120km 2 BV)), Arkab Silverit en Arkab Kolskoot, albei is besig om opgang te maak as besonderse uithouritperde.

Ritla aan haar moederkant se broers Arkab Gadwan (nas kleure) Arkab Sabik multi 160 km wenner onder standaard en swaar gewig,  Arkab Kaisi goed gedoen in 80 – 160km.

Ritla se broers aan vaar kant is natuurlik die legendariese Arkab Mirati en die minder bekende maar uiters suksesvolle Kromar Ben 160km spesialis,  Kromar Rakale ( het resiesperd geword in Dubai a g v sy spoed).  Vir die min vullens wat Vlinkfontein Rakale gegooi het ( hy het eers op 15jaar oud begin teel) het sy vullens baie goed gedoen. 

Sudarik Oreon was ‘n multi wenner in die jare toe hy deelgeneem het.  Sy ander seuns soos Arkab Oreon (3 x nas span) Arkab Arafat ( top teelhings in die stoet) Arkab Sputnik ens .

Dit is dus duidelik dat Ganymede ‘n uitstekende teel merrie is.  Sy kan selfs nog ‘n aantal jare diens doen as uithourit perd ook.


Arkab Nazira
Hier is die geleentheid om die basis van kampioene in jou stoet te kry.

Haar teling is deurspek van prestasie perde:-

Haar ma: volsuster van die multi wenner legende Arkab Raffa.  Kyk na Raffa se prestasies op die webtuiste onder Arkab Raffa

Haar onderste moederlyn uit die wenner teler Arkab Ritla, elke vul wat ons ry bo gemiddeld, ongeag van die hings wat ons gebruik.

Haar vaar:- Uit die uiters suksesvolle Vlinkfontein en Quimran lyne met presteerders soos Arkab Mirarti, opkomende perde soos Arkab Frodo, Kolskoot, Ramkat ens.

Die Nazil dakhal nagelag is veral bekend vir hul gemaklikheid onder saal.  Perde wat nie tyd mors met ontwykings soos bokspring nie, hulle ry te sterk vorentoe, altyd opsoek na die volgende horison.

Arkab Simsimm
Daar is sekere perde wat hul gewig in goed werd is, en Simsimm is een van hulle.  Elkevul wat sy teel is uit die boonste rakke, groot en mooi met pragtige temperament, ongeag van die hings wat ons gebruik het.  Almal is gewillige en geskikte perde onder saal met uitstekende hartklop herstelle.

Asof dit nie genoeg is nie is sy ook ‘n uitstaande kinder ryperd.  Sy pas by haar ruiter se vaardigheids vlak aan!  Sy is ‘n regte vertroue bouer, ‘n staatmaker in die ryskool.

Ons sit haar in die mark omdat ons reeds van haar merrievullens in die stoet het wat teel en boonop van haar hingsvullens wil gebruik as hingse.

Simsimm se vaar het van die beste uithouritperde in die land opgelewer, Arkab Raffa, Zikr, Sultan, Gadwan, Kazandi en nog vele meer. Verteenwoordigers in Nasionalespanne en oorsee.

Kromar Sonira het ongelukkig net 3 vullens gehad, sy was geteel uit die welbekende Vlinkfontein lyne en haar vul Arkab Roftie was ‘n uitstaande gewig draer wat o a Walvisbaai swaargewig gewen het.

Arkab Simsa
Dit was ‘n baie moeilike keuse uit Simsimm se merrievullens.  Ons het besluit op simsa omdat ons hoop ‘n entoesiastiese en toegewyde uithourit ruiter koop haar omdat sy sulke uitstekende potensiaal het en nog jonk genoeg is om ‘n volle uithourit loopbaan te bou.

Simsa het ‘n pragtige temperament. 

Kyk vir haar voorgeslag onder Arkab Simsimm en natuurlik die wonderlike Amrha Isar onder ons hingse.  Daar kan kwalik beter aanbeveling as dit wees.

Arkab Janah
As ek Janah moet beskryf dink ek aan ‘n soliede, absoluut betroubare geen nonsens merrie.  Ek het haar self op verskeie ritte gery, ‘n mens kry die gevoel dat jy vir altyd kan aanhou, sy word net nie moeg en moedeloos nie, so gemaklik dat mens nie eers die kilometers voel nie. Janah beteken “wing of a bird”  dit is baie gepas want sy ry so gemaklik dat jy amper kan voel jy vlieg!  Sy was ook altyd gewillig maar het haar geskik na die spoed wat haar ruiter van haar vra.

Sy het die meeste kilometers vir ‘n senior perd in die klub afgelê in 2009. Sy was net nooit mank nie.   Haar loopbaan is kort geknip deur ‘n skop op die bo arm wat dit laat gebreek het.  Nou is sy geskik vir ligte werk maar nie meer harde uithourit werk nie.

Sy is egter so ‘n skitterende teel merrie en kan ook diens doen om beginnerruiters selfvertroue te gee.

Janah het dieselfde moederlyn as Arkab Roftie wat oa Walvisbaai swaargewig oor 130km gewen het.  Kyk ook na haar moer se volsuster Arkab Simsimm vir verdere inligting.


Arkab Arazoo
Die perd uit die familie wat sweef.  Ons is gewoond dat ons perde bo gemiddeld beweeg en besonders gemaklik ry maar hierdie familie oortref die res.  Arazoo het ons pas onder saal gesit en sy is reeds so natuurlik gebalanseer dat sy klaar lekker ry.  Daarby is sy haastig soos almal in haar familie maar besonders inskiklik, leer maklik en is baie mens gerig.

Ons moes ‘n keuse maak tussen verskeie vroulike diere in hierdie familie, hulle is baie vrugbaar, en bied u die keuse van Arazoo en Trippens aan.  Hul beweging is uitstaande selfs onder kampioene.

Hierdie moederlyn kom uit die welbekende uithourit stoet van oom Militêr du Plessis.  Hulle is uitgesoek en geteel om uithouritte te ry en Fauresmith top 10 perde is algemeen in hul familie.

Voeg hierby die uitmuntende Amrha Isar en beter potensiaal as uithouritperd of teelmerrie kan jy nie kry nie.


Arkab Trippens
Die perd uit die familie wat sweef.  Ons is gewoond dat ons perde bo gemiddeld beweeg en besonders gemaklik ry maar hierdie familie oortref die res.  Arazoo het ons pas onder saal gesit en sy is reeds so natuurlik gebalanseer dat sy klaar lekker ry.  Daarby is sy haastig soos almal in haar familie maar besonders inskiklik, leer maklik en is baie mens gerig.

Ons moes ‘n keuse maak tussen verskeie vroulike diere in hierdie familie -  hulle is baie vrugbaar, en bied u die keuse van Arazoo en Trippens aan.  Hul beweging is uitstaande selfs onder kampioene.

Hierdie moederlyn kom uit die welbekende uithourit stoet van oom Militêr du Plessis.  Hulle is uitgesoek en geteel om uithouritte te ry en Fauresmith top 10 perde is algemeen in hul familie. Arkab Aqrab se loopbaan is ongelukkig kort geknip deur weerlig,  maar sy het Noordelike Unie verskeie kere verteenwoordig onder Louise Kolbe.  Sy was 2 keer Platorand klub se junior perd met die meeste kilometers vir die jaar.

Voeg hierby die pragtige geaardheid en besonderse bouvorm en ryvermoë van Yentl Mustapha en hier is uitstekende potensiaal.


Arkab Nabîh
Daar is maar min Nafal merries in die land, omdat hy so onbereikbaar is vir teling.  Dit is ‘n jammerte want hy is een van die beste ingevoerde Russies/Poolse hingse in die land met verskeie vullens wat presteer op die uithouritbane van die land.  Ons het die moeite gedoen om dekkings te kry en kan nou uit ons paar merries vir Nabih afstaan omdat sy reeds ‘n paar uitstaande merrie vullens vir ons gegee het om haar op te volg.   Glo my dit is met ‘n swaar hart wat ons die besluit moes neem.

Verder is haar moederlyn deurspek van presteerders, sien nageslag van Vlinkfontein Rakale, Limalikin Riza, Quimran Wodka!  Dit vertel sy eie storie en ek hoef niks by te voeg nie!!!!!


Arkab Pary
Pary kom uit die uiters suksesvolle moederlyn van Arkab Zarif.  Arkab Jamill was ‘n suksesvolle uithourit perd in SA en daarna ‘n 120km wenner in die Emirate.  Arkab Oreon is die bekende perd van Leonie en Lanel van Nieuwenhuizen, 3 x nasionale span.  Arkab Kingsrih, bogenoemde perde se halfsuster en ma van Pary het hierdie uitsonderlike vermoë gehad, met nog beter hartklop herstel deur haar vaar Sidi Egyptian King.

By hierdie agtergrond het ons die beproefde hings Amrha Isar gesit.

Pary het tipies haar vaar se kenmerk geerf, wat ons in sy vullens sien nl ‘n besonderse diep lyf met baie longspasie.   Sy gaan baie sterk en atleties wees.

Amrha Isar het geen bekendstelling nodig nie – sien ook ander nageslag van Isar

Gebruik die kans om ‘n top merrie te bekom wat uit die regte gene materiaal kom om verseker te wees van prestasie.

Sy is pas onder saal en toon reeds haar mooi geaardheid en gewilligheid om vorentoe te ry en te leer.


Arkab Tan’Pat
Hoe word mens gedruk in ‘n besluit om ‘n perd soos Tan’Pat te verkoop?  Ons kan ongelukkig nie almal hou nie en moet uit elke familie groep ‘n paar verkoop!  Tan’pat is vernoem na ‘n tannie van my, sy is gebore op haar 100ste verjaardag! Op haar verjaardag het sy nog ‘n lang toespraak gehou!!  Ek glo Tan’Pat is net so besonders soos die vrou na wie sy vernoem is.

Tan’pat is die vul van Jerico Halali, een van die enigste 2 dogters van die ingevoerde russiese merrie Etosha.  Ons het die reeds beproefde resep van die atletiese vermoë van die russiese arabiere en die super hartherstel vermoë van die egiptiese arabiere gebruik met haar teling, sy het ‘n rustende hartklop van 22 slae p minuut.  Sy was een van die beste presteerdes in ons toetse.   Haar oudste vul, Arkab Fatan (Yentl Mustapha) was ook die top presteerder in sy jaargroep en toon reeds die potensiaal om ‘n uitstekende uithouritperd te word.

Tan’pat self is nog jonk genoeg om ‘n uithouritloopbaan te volg.  Sy is een van ons gereelde ryskool merries, sonder nonsies en baie gewillig.


Arkab Tanzi
Tanzi is Tan’Pat se vul, sien onder Tan’Pat en die Crabbet hings Sancor Zitan. 

Sy is groot, atleties en is ‘n baie geskikte ryperd.  Sy mag opgewonde raak as daar hard gery word omdat ons met haar resies gejaag het.  Sy was 5de op die Turfontein arabier resies.


Arkab Zafeer
Zafeer se moederlyn is dieselfde as Arkab Pary.   Sy het net nog ook die uiters suksesvolle hings Arkab Jawwal in haar are.  Jawwal is die vaar van oa Arkab Legato wat 3de op die werled ranglys was 2010 vir 169km ritte en Arkab Jamil (volsuster van Arkab Zarif) wat ‘n wenner in Dubai was.

Zafeer se vaar , Salvan Reza was ‘n besonderse groot arabier wat ook baie lekker gery het.  Hy is ongelukkig vroeg dood in ‘n ongeluk.  Hierdie is ‘n geleentheid om van sy gesogte lyne te bekom uit die uitstekende Arkab Zarif.


Arkab Deira
Met Deira het jy al die potensiaal om met die regte voorbereiding ‘n top presteerder te hê.

Arkab Shagra was die beste presteerder in haar jaargroep met ons toetse.  Sy het ongelooflikke hartklop herstelle. 

Luam Shahira se vaar en moer is Fauresmith top 10 perde, Shaheer Shakani was 2 keer 2de swaar gewig met Hannes de Wet.  Shahira was altyd reg om so vinnig moontlik te ry, selfs as nuwelingperd het sy nooit ‘n probleem gehad om alleen te ry nie.

By hierdie uitstekende Crabbetlyn het ons Sidi Egyptian King gesit om die atletiese vermoë nog te versterk.

Deira aard in haar ry na haar ouma Shahira, sy is haastig en ry met drif, beslis nie vir versigtige of beginner ruiters nie.

Met Dartford Serafox het ons weer terug geteel na die  Crabbet kant.  Intussen het Serafox ook ‘n naam vir homself begin bou as uitstekende uithourit perd.  Hy wen oor 80 tot 120km en het al verskeie bes voorbereide perd toekennings gekry.  Hou hom dop vorentoe as hy 160km’s begin aandurf!

Serafox is uit dieselfde beproefde Olford lyne as die Moolmanshoek perde en Zwierie van Chris Landman.

Met hierdie teling is dit duidelik hoekom ek die opening stelling gemaak het!


Arkab Shamma
Met Shamma het ons weereens die beproefde resep van die heelbeste Crabbetlyne gemeng met top Egiptiese lyne van Arabest Shaam.  Een van Shaam se vullens het ook Faursemith top 10 gery.  Hy is ‘n baie elegante perd met pragtige kop en nek.

Shamma het haar pragtige beweging van albei kante gekry.  Haar moer is geteel uit die voortreflike Orlow, ‘n pragtige Russies/Spaanse hings wat uitstekend beweeg.

Verder is haar moederlyn uit die uitstaande Quimran Amorita lyn wat verskeie Fauresmith presteerders opgelewer het oa Die perd Action wat Fauresmith en walvisbaai in dieselfde jaar gewen het.

Vir skou kwaliteite en uithourit vermoë, skaf Shamma vir jou aan.

Arkab Darya
Darya is pas onder saal maar lyk klaar na ‘n lekker ryperd.  Met ‘n vaar soos Yentl Mustapha kan dit ook nie anders nie, hy was een van die lekkerste perde om te ry met ‘n wonderlike geaardheid.  Tans ry hy baie lekker uithouritte met sy nuwe eienaar.

Gamori se vaar is die reeds bekende Sidi Egyptian King met vele wenners onder sy nageslag, maar haar moederlyn is besonders met Jerico Galina wat uit Nafal geteel is en toe vir Shar Gazell gehad het uit Neperkorny ( vaar van Shar Rusken wat 7de in die Wêreld kampioenskappe 2009 gekom het)  Ons het Gazell gekoop omdat so daardie teling gehad het en so ongelooflik goed beweeg het.

Darya lyk of sy aan al die beloftes van haar voorouers gaan voldoen.!


Arkab Azeer
Die enigste rede hoekom Azeer op hierdie lys verskyn is omdat sy weens omstandighede nie geregistreer kan word nie.

Sy het egter ongelooflike gene en die beweging om daarby te pas!  Haar halfbroer Arkab Aranos doen baie goed vir die Roeloffze’s van Lydenburg, het al bes voorbereide perd en ‘n wen of twee agter die rug.

Ons het Aanstap Ajuz aangekoop oor haar bloedlyne, sy was ‘n dresseer perd en het ook baie goed gespring.  Sy het op die ou end egter te haastig geword vir die beperktheid van dresseer en toe kon ons haar aankoop.  Ons het haar in die ryskool ook gebruik, ‘n moedige perd,  baie seker van haarself en haar vermoëens.  Met haar sterk Crabbet lyn gesteun deur die Tuwaisan/Baraka lyn was sy ‘n uitstekende keuse om by Ziyadi Nazeer te sit wat ook Tuwaisan/Baraka is.

Azeer het dus hierdie gesogte lyn dubbel.  Sy gaan ‘n kanniedood op die uithouritbaan wees.  As teel merrie laat sy vir ons ‘n merrievul agter met uitstekende beweging en ‘n sterk lyfie.

Sy sal ‘n aanwins wees vir enige ruiter wat eendag wil presteer.  Sy is egter nie ‘n beginner se perd nie!!

www.arkab.co.za | contact