nav

Van Duyn & Janita Doyer
Tel:
078 539 0876
Email: arkab@lantic.net

Eerstelingsfontein, Belfast
Mpumalanga, South Africa


>
Info about Breeding Mares
> Inligting oor die Arkab Stoet



In die jongste HQ tydskrif Mrt/April 2011 het ‘n artikel verskyn wat al die mense wat in Arkab perde en prestasieperde geintereseerd is gerus kan lees.  Ten Tips to make you make the right choice  -  Stafford Robinson (Geneticist Berghof Hanverander.)

Hierin vermeld hy onder andere dat mens nie “performance”, vir ons uithouritperde en skouperde moet verwar nie.

Die seleksie vir die twee verskil baie.  Dit wil nie sê dat van die skou perde nie die regte gene vir uithouritte het nie, of glad nie uithouritte kan ry nie maar as jou fondse beperk is, kies liewer waar nog altyd vir prestasie in uithouritte geteel is.

Hier by die Arkab stoet het ons begin met die beste uithourit materiaal.  Dr Hercu van Niekerk het ons gehelp met die navorsieng en om toe vir Limaliken Riza en Quimran Wodka aan te skaf.  Later het ons ook vir Quimran Roseleen deur hom gekry.

Destyds, met die begin van uithouritte in SA was daar ‘n ranglys vir hingtse wie se vullens die suksesvolste was op die uithouritbaan.  Quimran Wodka was 3 keer aan die top van hierdie ranglys. 

Daarna het ons van die Nourmahal merries aangeskaf wat uit die moederlyne van wenners gekom het.

Die volgende hings wat ons gebruik het, het ons by mnr Wian Steynberg gekry, hy is ‘n kenner van uithouritlyne in die land en het Vlinkfontein Rakale gekry toe hy reeds 15jr oud was.  Ons het die voorreg gehad om hom vir 2 jaar te gebruik en onder andere die top Arkab Mirarti geteel en die moer van Arkab Raffa, Arkab Ritla.

Op hierdie basis het ons voortgebou en vir jare al doen ons prestasie toetse op al ons jongperde, lê ons baie klem op goeie bene en is beweeglikheid en spoed hoë prioriteite.

Ons sien gereeld hoe hierdie beleid vrugte afwerp!

Alle latere hingtse en merrie aankope is gedoen slegs na deeglike studie ivm hul nabye familie se prestasie vermoë.  Alle jong hingtse en merries wat ons later aangekoop het, wat nie  in ons prestasie toetse met ons eie perde kon kers vas hou nie is dadelik uitgeskakel.  So bewaar ons ons perde se potensiaal.  Hierin bewys Arkab Arafat reeds ons beleid deurdat sy eerste vullens soos hul vaar weer die top presteerdes in hul jaargroep is.

Ons leuse is:  Selekteer dit waarvoor jy teel.  

Met dit in gedagte het ons uitgekom by ‘n gespesialiseerde uithourit perd wat daarom atleties, beweeglik,  mooi, sterk en baie gewillig is en so  gemaklik ry dat perd en ruiter  met die minste moeite oor die langpad reis.

www.arkab.co.za | contact